Photography: Nikki Meyer | Venue: Tokara | Hair & Make-up: Alicia Buckle | Dress: Robyn Roberts | Cake: Hetsie van Zyl | Bridesmaid dress: Nita van Rensburg | Floral assistants: Fennec, Lani & Ilse – thank you!

Anli se werk het my oog gevang op Instagram, spesifiek met Pieter Daneel se suster se troue. Ek het baie van haar ruiker gehou. Ek en Anli het dadelik gekliek op ons eerste ontmoeting en van daar af het ek nie een keer terug gekyk nie. Sy het dadelik verstaan watter tipe tema en gevoel ek wil skep. Modern, kleurvol maar steeds simplisties!  Soos die pragtige Afrikaans idioom… ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig!

Anli het my “floral” droom verwaarheid en ek wens ek kon elke dag wakker word tussen die kleurryke skepping waarmee sy ons bederf het.

Anli se diens was uitstekend gedurende die hele trou-reis!

Sy het my vanaf dag 1 laat gerus gestel laat voel – ons blomme en dekor was die laaste ding waaroor ons (bekommerd) was op die troudag… of eerder glad nie bekommerd oor was nie.

Ek wens ek kon weer met Francois trou dat ons Anli weer kon gebruik. ‘n Groot jammerte dat ‘n mens se trou dag so vinnig verby vlieg!

– Liné